top of page
gb.png
za.png

Hoe om ons te ondersteun

Die Swellendam Beursfonds is 'n onafhanklike liefdadigheidsorganisasie wat donasies van borge, gereelde bydraers ontvang en spesiale geleenthede organiseer.

Elke vorm van ondersteuning aan die fonds is meer as welkom. U kan ons op verskeie maniere ondersteun. Die mees direkte manier is om 'n donasie aan die fonds te maak. Ons bankbesonderhede is:

 

Bank: ABSA Bank Swellendam

Rekeninghouer: Swellendam Bursary Fund

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 4063 4490 31

Bankkode: ABSAZAJJ

Die Beursfonds is geregistreer as 'n nie-winsgewende organisasie. Dit impliseer dat skenkings aan die Beursfonds deur individue en besighede van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) teruggeëis kan word.

U kan ons ook ondersteun deur 'n donateur van die Swellendam Beursfonds te word. As donateur kan u elke maand 'n sekere bedrag aan die Fonds skenk.  Alle donasies, hoe groot of klein ook al, word baie waardeer. Al wat u moet doen om 'n skenker te word, is om die vorm hieronder te voltooi en 'n debietorder by u bank te open.

Klik asseblief op die knoppie van u bank om 'n debietorder te open:

As u net belangstel in ons aktiwiteite, kan u inteken op die nuusbrief wat ons twee keer per jaar uitreik. Ons sal u ook van ons spesiale geleenthede verwittig.

Bly op hoogte en ontvang nuusberigte van ons via ons nuusbrief

bottom of page