All support to the fund is welcome. You can support us in several ways. The most direct way is by making a donation to the fund. Our bank details are:
All support to the fund is welcome. You can support us in several ways. The most direct way is by making a donation to the fund. Our bank details are:
All support to the fund is welcome. You can support us in several ways. The most direct way is by making a donation to the fund. Our bank details are:
24 & 25 OKTOBER 2025
Die naweek van 24 & 25 Oktober 2025 het die gemeenskap hulde gebring aan die slagoffers van die Swellendam Busramp wat vyftig jaar gelede op 25 Oktober 1975 plaasgevind het. Verder is daar ook eer gebring aan die oorlewendes wat nog leef en dié wat sedertdien gesterf het.
Vrydagoggend om 08:00 het die Swellendam Beursfonds ‘n kranslegging by die Busrampgedenk-teken in die Hoofstraat gehou. ‘n Kort diens is deur pastoor Henry Matthysen gelei en daarna is blomme daar geplaas.
Om 14:00 het Bontebok Primêre Skool ‘n gedenkdiens in die V.G. Kerk in Railton gehou. By daardie geleentheid het pastoor Matthysen weer ‘n boodskap gebring en mnre. Harry Zass (Voorsitter van die Beursfonds), Jan Jansen (oud-Burgemeester) en Basil May (Familielid van ‘n slagoffer) kort toesprake gelewer. Daarna het die groep na die skool beweeg waar ‘n gedenkplaat deur me. Baatjies (Skoolhoof) en mnr. Hartzenberg (Adjunkhoof) van Bontebok Primêre Skool onthul is.
Op Saterdagoggend het die Beursontbyt plaasgevind, waartydens die Beursfonds se twintigste verjaardag gevier is. Meer as 200 kaartjies is vooraf verkoop. Verskeie vorige Beursfondsraadslede het moeite gedoen om die funksie by te woon. Die atmosfeer was hartlik en dit het soos ‘n reunie van jarelange vriende gelyk.
Oud- & Huidige Beursfondsraadslede Huidige Beursfondsraadslede
Die gasspreker, dr Jacqueline Cupido, ‘n oud-Swellendammer en spesialis ortodontis in Kaapstad, het ‘n inspirerende toespraak gelewer. Haar beknopte lewensverhaal en die advies wat sy met die gehoor gedeel het, het duidelik die waardering van almal weggedra. Daarna is etlike eksemplare van die Beursfonds se boek, The Swellendam Bursary Fund’s Amazing Story verkoop. Die boek is beskikbaar teen R150.
Elke organisasie, ingesluit die skole en besigheid wat ‘n saketafel geborg het, sowel as elke individu wat ‘n kaartjie gekoop het, word innig bedank. Die oud-beurshouers wat hul woorde van dank ingestuur het, het gehelp dat die boek gepubliseer kon word. Alles in ag genome, kan die Beursfonds, asook sy ondersteuners en medewerkers met groot trots terugkyk op ‘n besonder suksesvolle en begeesterende naweek.
Tydens die geselligheid waartydens heerlike kos geniet was, is ook 'n video bekend gestel van die geskiedenis van die Beursfonds wat ook afgestudeerde studente insluit en waar hulle huidiglik bevind. Die video is op die webtuiste beskibaar.
Ons wil ook almal bedank wat bygedrae het tot die baie suksesvolle Beursontbyt. U bydrae word opreg waardeer en ons sien uit na u volgehoue ondersteuning van due SWELLENDAM BEURSFONDS!!
VIDEO




















